Praag en Venisië
Deur
Christoff Lombard©
April
2001
Ons het
gistermiddag so 7 uur op Lugano trein stasie arriveer vanaf Venesië, Italië.
Ons was vir die
afgelope week op ons eie na Praag, in die Czech Republic en toe na Venisië vir
2 dae. Dit was 'n fantastiese tyd. Ons beplan om hierdie week te
"rus" in Campione en dan Sondag die 7de weer die pad te vat na die
suide van Bella Italia!! via Toscana na Napels se omgewing om die Amalfi-kus te
gaan beleef.
Voor dat Franz
Kafka en Marco Polo julle wegvoer wil ek darem net nog een storie vertel van
ons laaste dag op die ski slopes van Oostenryk. Ek, Christoffel Lombard, saam
met my vrou Evette Lombard is eers bewerig en toe later met spoed en vol
bravade by 'n lang Rooi slope af. Wat 'n fees! Julle moet verstaan dat vir 'n
Boerseun hierdie goed nie maklik kom nie. Dit was regtig vir ons 'n hoogte punt
en ek sal verseker volgende keer die ski-ding baie beter doen. Die Vrydag aand
het die Hollanders ons uitgeneem na 'n eg Oostenrykse restaurant in die berge.
Baie tradisioneel geëet uit 'n reuse koper skottel.
Vroeg Sa oggend die
24ste Maart vertrek ons toe München, Duitsland toe met die wete dat ons 14 ure
moet wag op die stasie tot 11 uur die aand vir 'n trein Praag toe, dit is nou
volgens die Internet "time table". Pa Philip hulle laai ons naby die
stasie af en ek en Evette stap toe stasie toe om 9:30 die oggend. Ons gaan
verneem toe maar net of daar nie ander treine is nie en sowaar die volgende
trein na Praag vertrek toe 9:45 (15 minute later) vanaf perron 12! Ons koop
vinnig die kaartjies (Ons salueer die Duitsers vir hulle spoed en effektiwiteit
- 10 uit 10 Duitsers!) en hol vir ons trein wat natuurlik op die verste
platform staan en ons wagen 21 staan omtrent 16 km van daar. Nee ek jok 18 km.
Dit is toe die heel eerste wagen of die heel laaste wagen van ons trein, net
soos jy dit sien. Ons moes in Neurenburg oorklim en dit was weereens nie 'n
probleem nie.
Nou is ons op 'n
Czechiese trein. Die Duitse doeane mense kyk na ons paspoorte en op die laaste
stasie in Duitsland klim hulle af en die Czechiese doeane klim op en kyk na ons
paspoorte. Alles verloop vlot. Mooi so hier kom ons Czechoslovakia!! - Die Rooi
gevaar, Moeder Kommunistiese staat, Oosblok land. Czechoslovakye het na die
Velvet revolusie in 1989 sonder geweld hulle kommunistiese juk afgegooi en ook
'n naam verandering ondergaan na die Czech Republic. By die eerste stasie in
die Czech Republic begin ons eerste ervaring van die land.
Toe die trein stop
storm soldate in die waens in en beveel ons om alles net so te los en vinnig
uit te beweeg na 'n versamel punt waar hulle ons hardhandig rondpluk en ons
reis dokumente deursoek en op ons skreeu. Why you are in Czech, hey, Why why?.
Dit was darem net my
klein seuntjie verbeeldings wêreld oor die rooi gevaar! Ons moes net rustig uitklim
en oor 'n nat-mat op die perron loop om die uitbreek van Bek-en-Klou seer in
Czech te probeer voorkom.
Czech O Czech ons
harte gaan uit na jou!!
Dit was vir ons
opvallend hoe agteruit die Czech Rep. was in vergelyking met hulle buurman
Duitsland, soos ons met die trein deur die platteland ry oppad Praag toe. Daar
het 'n swaarmoedigheid oor ons gekom en 'n gees van swaarheid het oor ons
gehang. Evette het dit baie mooi opgesom 4 dae later toe ons weer uitry. Sy het
gesê “Die hand van die oppressor was te swaar op die mense, dit het hulle
gebreek.”
Die huise kort
baie verf en 'n mens voel dat die mense het nie baie self respek nie en baie
goed lyk vuil. Dit was eintlik jammer dat ons dit moes sien voordat ons in Praag
aangekom het, want dit beïnvloed tog maar 'n mens se siening oor die mense en
plek.
Die middag 4:45
was ons in Praag. Twee tree buite die trein kom vra die eerste ou vir ons of
ons akkomodasie soek. In sy hand staan hy met 'n foto van sy kamer. Party mense
het ons gewaarsku teen hulle, en party het weer gesê dat hulle ervaring met die
ouens goed was. Ons het egter maar na die naaste informasie stalletjie gegaan.
Die Here was hier goed vir ons want hier het een van die 5 vriendelike mense
wat ons in Praag gehelp het in redelik Engels ons gehelp met blyplek so 20 min
se stap afstand vanaf die midde dorp van Praag.
Ek sê een van 5
mense want die mense in Praag was baie bot, onvriendelik, nie hulpvaardig nie
en ons het hulle baie negatief ervaar. Dit alles lê ons voor die deur van Kommunisme.
Die mense vertrou jou nie en sê ook net die nodigste. Daar is 'n gevoel by ons
dat die mense dink die wêreld skuld hulle iets na alles waardeur hulle is. Daar
is vir ons 'n gees van terneergedrukheid en moedeloosheid. Daar heers 'n ander
gees in Praag as die Gees van God. Pornografiese boeke is orals te koop en
Grafiti teen die mure is baie baie erg. Dit het my gevang dat dit so erg is
selfs teen die mooiste ou geboue. Dit was vir ons ook baie bitter, bitter
koud in Praag. So koud dat jy moeilik met mekaar praat want jou mond is so styf
gevries. Die een oggend was my hele voorkant van my swart trui wit van die
sneeu. Hier loop almal met lang swart jasse, serpe en handskoene en ons twee
boertjies loop in ons lagies klere en truitjies. Fooitog.
Verder moet jy
mooi kyk waar jy loop want honde "poe" lê die hele wêreld vol, want
dit lyk vir ons of almal honde aanhou. Baie mense stap met hulle honde aan
leibande.
Verder is daar is
net soveel moderne motors soos ou motors (1968 -1980 era) in Praag, lyk vir my
soos Russiese motors.
Nou sal julle vra
maar wat was dan positief?
Praag is absoluut
'n fantastiese stad wat hulle geboue betref met die verskillende boustyle.
Praag lê baie strategies in die middel van Europa op die handelsroete tussen
die Ooste en die Weste. Evette met haar Kunsgeskiedenis van Universiteits dae
af het 'n nuwe wêreld vir my oopgemaak in Praag. Die jare 1000-1250 het as die
Romantika era bekend gestaan met sy plein bou styl. Toe kom die era 1520-1620
wat bekend staan as die Renaissance era met sy kenmerkende boustyl toe kom
1620-1775 die Baroque era en toe in die begin van die twintigste eeu, Art Deco
en Art Nouveau. Tussenin was daar nog die Rococo en Kubistiese tydperke ook.
Die geboue is fassinerend , absoluut fantasties. Om te dink dit is honderde,
honderde jare oud. Die meeste geboue is 3 keer so oud soos Suid Afrika. Wow. Om
dit alles te sien maak dit die moeite werd om Praag te besoek.
Dan kom die
Charles Brug oor die bekende Vltava rivier wat deur Praag vloei met sy meer as
30 beelde op die brug. Die brug is 520 m lank en 10 m breed. Gebou van
sandsteen en dit rus op 16 pilare. Nadat vloed waters die ou hout brug weg
gespoel het, het Emperor Charles IV sy meester bouer, Peter Parler in 1357
opdrag gegee on die huidige brug te bou. Die brug is in die vroeë 15 honderds
voltooi.
Die legende lei
dat vars hoender eiers in die sement gemeng is om die brug sterker te maak. Dit
het volgens my definitief gehelp. Dit is 'n groot toeriste gebied en die brug
is vol stalletjies of wat ek baie geniet het is die jazz bands en die
Marionette spelers. Praag is baie beken vir sy Marionette poppe. Mozart het as
ʼn besoeker aan Praag op 29 Oktober 1787 die opera "Don Giovanni"
se premiere hier uitgevoer. Dit word beskou as die Opera van Operas !!! Vanaf
1991 is meer as 780 vertonings van Don Giovanni by die National Marionette
Theatre al gehou. Ons het nie 'n show gaan kyk nie maar dit is blykbaar baie
goed.
Die Praag Kasteel
is natuurlik ook iets wat 'n mens nie moet misloop nie, met 'n reuse Katedraal
en wagte wat al die ingange beman. Dit is begin bou in 885. Dit was eers die wonings
van al die regeerders en Konings en Romeinse ryk en Vandag is die kantore van
die Czech President en die ontvangs lokale vir ander staatshoofde. Ons het ook
'n "changing of the guards" gesien.
Die Old Town
Square met sy Klok Horlosie was ook vir ons interessant met beelde wat beweeg
op elke uur. Die legende lei dat die Koning die Klok meester se oë laat
uitsteek het sodat hy nie weer vir iemand anders so ʼn klok kan maak nie.
Praag is vrot van die geskiedenis en verhale. Praag het baie, baie straatjies,
stegies, pleine en winkeltjies en veral kristal winkels. Praag is bekend vir sy
kristal ware.
Voorwaar ʼn
ongelooflike stad. Selfs Hitler met sy besoek aan Praag op 16 Maart 1939 was
baie beïndruk. Praag is ook die enigste Europese stad wat nie gebombardeer is
in die 2de WO nie. Die Nazis het net teen die einde in Mei 1945 ʼn deel van
die Old Town City Hall vernietig. Vra my nie waarom nie. Seker maar om
dokumente te vernietig.
Die meeste strate
is met klippies uitgeplavei, dit moes ook baie lank geneem het om dit te doen.
Verder was ons ook by die Joodse Museum en Ou Joodse begraafplaas en in van die
ou Sinagoge. Baie interessant. Franz Kafka - Wie is hy. Hy is ʼn baie
bekende Czech skrywer. Die hele Praag is vol van hom, Hotel Kafka, Café Kafka,
Grand café Kafka ens. Nog iets wat julle miskien interessant sal vind is dat
Albert Einstein (op 30 jaar ouderdom ) van 1910-11 aangestel is as professor in
Teoretiese Fisika by die Duitse Universiteit in Praag. Die fliek Amadeus (1984)
is ook hoofsaaklik in Praag verfilm.
Nog ʼn rede om
Praag te besoek is sy vriendelik houding teenoor die SA Rand. Vir R2.12 kry jy
10 Krone. Ons het koud gekry in Praag maar definitief nie honger nie. Ons het 2
keer op ʼn dag in Restaurante gaan uit eet. Twee groot borde kos, met
nagereg, ʼn glas wyn vir Evette en ʼn 0.5 liter bier (baie ligte bier)
vir my kos so 280 Krone dws R45 rand. Vir 4 nagte se slaap in ʼn skoon
groot kamer met dubbelbed (wit linne) met ons eie privaat badkamer, en TV
(waarvan ons net die prentjies kon volg) het ons 900 Krone per na gekos =
R180/nag dws R 90 per persoon. So Praag is die plek vir Suid Afrikaners in die
SOMER natuurlik met die klem op die somer!
Om op te som:
Praag is vreemd
met ʼn vreemde taal en atmosfeer, maar sy boustyle en ambiance is iets
ongelooflik. Praag het praal en prag.
Venezia, Venezia
jou mooi ding.
Woensdag middag
5:10 die 28 ste Maart vertrek ons trein uit Praag se hoofstasie wat presies lyk
soos die 2de WO stasie in die fliek van Spielberg "Schindlers list".
Met die kenmerkende groot boë. Ons was bly want nou het Venezia geroep. So ry
die Boere sit-sit so en styf-styf tot in München. Daar klim ons oor en 23:40
vertrek ons volgende trein na Venezia. Evette het die insig gehad on vir ons
slaap banke te bespreek, want sy het al deur die oefeninge gegaan. Ons deel die
kompartement met 4 ander mense en die ou onder my se sokkies stink maar
moegheid oorweldig my en die slaap kom iewers tussen stasies. Met skemer lig
begin ons wakker word iewers in Italië. Om 8:30 lê ons die laaste 3 km op die
treinspoor brug af tot in Venezia. Op die stasie aangekom gaan wys Evette gou
eers vir my die gesig as jy uit die stasie gebou kom. Daar lê sy.
Die ou geboue met
sy teksboek bekende water weë en Vaporetta's wat verby vaar om mense rond te
ry. En kyk daar kom die McDonalds boot met sy verkoelings houers oppad na die
volgende McDonalds. Dit bly ʼn gesig om te onthou, daai eerste indrukke
van die "Stad op Water". Nou moet ons eers akkomodasie gaan soek, so
terug na die stasie gebou en in by die "Informatsi-o-ne". Nee jammer
die goedkoopste dubbelbed kamer is 120 000 lira per nag (+- R450 per nag). Nee
te duur vir die Lombards. ( 1000 lira = R3.78).
Agter ons hoor ons
in ʼn swaar Italiaanse aksent " Hal-oo friends, looking for good
accomodation in Venezia (Wen-et-si-a)". Naby ons staan ʼn gebaadjie
en gedaste kort Italiaanse omie. Hy besit ʼn Hostel/gastehuis opset. Sy
prys is toe 90 000 lira wat R340 per nag is. Dit is ook net 10 minute se stap
van San Marco plein af. Net een kyk na mekaar toe weet ons dat dit ons plek
sal wees vir die volgende 2 aande, want om nou nog verder te soek, het ons nie
meer krag voor nie. Die deurnag trein rit het alles uit ons gehaal. Travel is
definitief nie vir sissies nie !!!
Van die trein
stasie neem ons toe die Vaporetta en pak die "grand tour" via die
"Grand Canal" aan, onderdeur die Rialto en Akademia brue, om 15
stoppe en 45 minute later by Arsenale aan te kom. Ek leef terug in die dae wat
al hierdie paleise in die "hoofstraat" bewoon was. Dit moes iets
gewees het. Ons plekkie met die naam van Casa Linger was gelukkig naby die
boot stop in een van die talle nou-nou straatjies met die naam van Sal St.
Antonin. Ons kamer is op die 3 de vloer en kyk uit op rooi teëldakkies en
vensters waar daar rooi malva blomme groei. Ons het ʼn wasbak en ʼn
bidet in die kamer maar moet deur die ontvangs kamertjie loop om te gaan stort.
Die stort en toilet is een spasie so jy stort bo-oor die toilet. Ons kla nie
wat die prys is reg en ons is in Wenetsia. Ons het dadelik gaan rondstap vir
ongeveer 2 ure en ʼn Deli gekry waar ons brood kon koop. Langs Casa Linger
was ʼn klein Spar-tjie. Daar het ons Ham, Salami, Kaas en Gebottelde water
gekoop. Terug in die kamer het ons geëet en toe ʼn behoorlike middag
"siesta" gehou tot so 4 uur toe. Opgestaan en weer gaan stap. Ons was
veral bly want hier is die weer toe baie lekker so plus minus 15 Grade maar tog
bewolk.
Vrydag oggend
30ste Maart.
ʼn Harde
donderweer slag maak ons so 7 uur wakker. Kan julle dit glo, ons enigste volle
dag in Venesië en dit stort reën. Regte egte Hoëveldse donderweer met blitse
wat soos sweepslae links en regs in die water slaan. Ja, dis ons storie, travel
is nie maklik nie. Ons besluit toe, "come hel or high water" (daar is
nogal iets soos hoog en laag gety in Venesië) maar ons is hier om Wenetsia te
sien en so sal dit wees. Met een sambreeltjie begin ons weereens deur al die
stegies te stap. Almal op die San Marco plein vee met hulle besems die water
uit hulle winkeltjie. Orals spring mense oor poele water en ons loop maar van
winkeltjie tot winkeltjie om die egste reën te vermy. Ons besluit toe dat dit
miskien die ideale dag is vir ʼn goeie museum. So koop ons toe kaartjie
vroeg oggend met die hoop dat die reën sal ophou teen middag ete. Ons was in
die Musei Civici Veneziani. Dit is ook by die San Marco plein en gee vir jou
die geskiedenis van Venesië. Dit was beslis die moete werd. Dit vertel van hoe
V. tot stand gekom het en van al die stadsvaders en oorloë en gevegte, mooi
skilderye ens. ens.
Teen 12:30 reën
dit nog steeds. Ons gaan hou maar weer siesta met brood, ham. salami en kaas
van die Spar langs ons. En ja sowaar daar hou dit op met reën. Ons gaan eet gou
weer in ons kamer en rus net vir ʼn 3/4 uur, want ʼn mens se voete word
maar moeg. Twee uur staan ons op reg om V. verder te ontdek. Toe ons die
voordeur oop maak stort reën dit tot ons die aand gaan slaap. Ja dit is ons
storie. Die res van die dag reën ons pap nat, maar geniet nogtans die ambiance
van Venesië.
Saterdag oggend 6
uur staan ons op want Raai wat - die Son skyn en dit is 'n helder oop dag.
Voor die massa
toeriste is ons op straat want 1 uur die middag vertrek ons trein na Lugano. So
teen 7:20 is alles gepak en ons loop vir oulaas deur die stegies en straatjies
van V. Vroeg oggend beleef jy 'n ander sy van Venesie. Lewensmiddele word
per boot afgelewer en fluks en vinnig met trollies na die verskeie plekke
aangedra. Die bouers met stene en sand op die bote is besig om in rat te
kom, want daar word groot restoureer werk in Venesië gedoen. Vrugte en
groente word afgelewer en dan is daar nog die vismark wat nou baie aktief
besoek word deur die inwoners. Die vismark was ook vir ons ʼn belewenis.
Die ambulans, polisie en vullis verwyderings bote vaar ook verby. En haai kyk
hier kom bruidboot met ʼn bruid agter op. Nou het ons dit alles gesien.!!
Elf uur gaan boek
ons uit en vat weer die vaporetta via die Grand Canal stasie toe. Voor die
stasie gebou op die trappe sit en eet ons, ons laaste gelati in die son, dit
voel soos somer. Een uur vertrek ons trein uit Venesië via Milano na Lugano.
Dit bring ons by
die begin van ons mail. Sirkel voltooi. Prys die Here van alle Here vir sy guns
en beskerming, Ons loof U vir alles uit U hand, of dit nou koue, sneeu, reën of
sonskyn is. Ps 118 sê “Dit is die dag deur die Heer gemaak, kom ons wees bly en
verheug ons daarin.”
To the top!

|