Shopping
Deur
Evette Lombard©
Mei 1999
Nog ʼn ontdekking was die Sweedse Wonderwêreld
van Ontwerp by IKEA. Ek het nog nie woorde om dit te beskryf nie. Dit is
eenvoudig, dit werk, dit is ʼn plesier om na te kyk. Die hele winkel is
propvol meubels en kaste, beddens, kombuise en elke ding om die lewe in ʼn
klein gaatjie makliker leefbaar te maak. Laaikassies, houers, karton boksies
enige ding om jou lewe te orden. Klaargemaakte fotorame, kinderspeelgoed, kombuisgoed,
tuingoed, die werke.
Vögele is skoene wêreld. Elke kleur en geur
wat bestaan is daar - soos Extra Shoes in die Kaap, met die verskil, hulle is
almal italiaanse leer skoene. Nou ja toe!
Bennet is ʼn supermark soos die Hyperama,
met ʼn verskil: delikatessen kwaliteit in supermark kwantiteit en met Hyperama
pryse.
Ek soek vir ons bloedrooi kersies uit en
ʼn sakkie gedroogde, wilde sampioene en ʼn padano gradano wat ʼn stokou
parmesaan kaas is. Terwyl ek lekker ryp tamaties uitsoek vir Ma se ratatouille
voel ek aan dat die twee dames wat saam met my tamaties uitsoek, weet wat hulle
doen. Hulle het ʼn oog: donker rooi kleur en ʼn neus: soet, ryp reuk
en ʼn gevoel: sag maar nie pap nie, skilletjie nie gefrummel nie, vir die
regte tamatie, wat seker vanaand in een of ander asemrowende sousie gaan
verander. Hulle grawe die tamaties onder die tamaties uit met die geesdrif
van ʼn ras egte varkie wat ʼn truffle uitruik.
Daar is ʼn hele ry van verskillende
olyfolies, selfde met die pasta. ʼn Hele ry, dit wil sê nie ʼn hele rak
nie, ʼn hele ry, dit wil sê vier rakke aan albei kante van die ry, ʼn
ry lank.
To the top!
|