Campione

Deur Evette Lombard©

Mei 1999

Ekke sit nou hier in die nessie in Campione d’Italia.

Dit is ‘n ondervinding op sy eie.

 Ek is nog steeds te oorweldig deur Provence om daaroor te skryf.  Op die oomblik is dit besig om te rëen soos Kaapse rëen, eergister het ek uitgestrek met my bikini op die planke by die strandjie gelę.  Daar was twee seuntjies met strepies swembroekies wat  sandkastele gebou het.

Agter was die werkers besig om bakstene te lę vir die nuwe paadjie.  In die hoekie by die water sit die swaan op haar eiers.  Min gepla.  When in Rome, do as the Romans do.  

 

Nog iets moois is die kerk klokke wat op naweke ‘n hele ingewikkelde klokkespel lewer.  Elke uur, speel die mooiste klanke deur die dorp.  Alles is maar net anders.  Ons is nie hierdie eenvoud en sekuriteit gewoond nie.  Ek moes die eerste twee dae in die bed bly om oor die kultuurskok te kom!  Die toiletpapier is dieselfde kwaliteit as wat ons ken as Carlton rolle.  Dit is wit met blou blommetjies op en ruik lekker.  Sien wat ek bedoel met anders.  Geparfumeerde toiletpapier is tog nie iets wat ons ken nie?  Die grap is dat hierdie dinge nie luukshede aan die kant van die waters is nie, dit is maar net die alledaagse produk op die mark, almal koop dit, almal ken dit.  Niks snaaks nie.

Die prentjie is van ons Piazza Roma, die plein waar ‘n mens teen sononder gaan stap of op die bankies sit of na die water kyk.  Daar is gesellige kafeetjies met tafeltjies in die sonnetjie.  Die ferry boot se port is hier, waar hy passasiers aflaai en ander oplaai om oor die meer te seil na Lugano of een van die ander plekkies.


To the top!


footer for Campione page