Como é bello
Deur
Evette Lombard©
Mei 1999
Ek het ‘n
film vol prentjies in my kop oor Como:
In ‘n
wollerige Bar is ‘n man wat espresso afsluk met een teug, een wat ‘n glasie witwyn
doen, half tien op ‘n Donderdag oggend. Twee jong meisies wat al geselsend
hulle koffies drink alles by die 'bar' of toonbankie, al staande. Ek en Ma het
by ‘n tafeltjie gaan sit met die lekkerste cappucino wat ek nog gedrink het.
Niks ouliks aan die plekkie, nie maar ek sal hom nooit vergeet nie - ken ‘n
boom aan sy vrugte!
Later,
vir ontbyt, drink ek en ma ‘n chocolat chaud en croissant. Dit my liewe
vriendinne, is ‘n blok sjokolade in ‘n koppie. Rooi bruin van die lekkerte.
Ek sien
die swart baadjie wat ek al geruime tyd voor soek, op die mark. Al wat hulle
verkoop is baadjies, slip rokkies, rompies en pantaloni in swart, grys, navy en
room. Maklik. Maklik. Dit is nou wat ek noem Basics! Met so ‘n nommertjie
in jou
kas kan jy ver gaan.
In een
van die klippiestraatjies: twee blombakkies teen die muur met geel gesiggies
in, en daarby 2 dummies in die mooiste, fynste katoen rokke van die mees
subtiele kleure. Agter in die piazza is die winkeltjie. Twee rytjies klere,
tafel in die middel met varkore in ‘n glas vaas. (Skoon water) Spieël teen
die agtermuur en meters en meters sagte wit wasige lap wat gedrapeer is. In
die dak hang ‘n kandelaar van draad gemaak en
stukke
deurskynende gebreekte glas.
Ander
een het twee topiaries van geel koring are, blou koring blommetjies en rooi
papawers. Binne aan weerskante van ‘n hout Catwalk is rivierklippies gegooi,
waarop 4 dummies staan met asemrowende skeppings van sy, so lig soos
veertjies. Agter is 2 Art Deco paper cut out dolls met feather boas en fluweel
rokke. Teen die muur is daar ook weer, sagte wit
wasige
materiaal gedrappeer met die winkel se naam daarby.
Ek en
Ma reën lekker nat in die strate van Como en ons sambrele lê veilig by die
huis. Terloops, elke sambreel wat ek sien het ‘n hout handvatsel. So skaars
soos hoendertande by die huis, ek weet want ek het al daarvoor gesoek. Voor
elke winkel is ‘n houer waarin jy jou nat sambreel sit.
Niemand
vat hom nie, dit bly daar tot jy terug kom. Snaaks.
Dit
bring my by blommewinkels. Krismisroos boompies wat soos topiaries gesny is
met die pienkste blomme. Rose wat jy nie kan glo lewe nie. Swaardlelies,
enige blom onder die son. Blommewinkels doen goed omdat die vroutjies elke
week vars blomme op hulle afgestorwe manne se grafte gaan sit.
Die
begraafplase lyk soos Kew Gardens se blomme skou.
Verder
was Como soos flitse in ‘n fliek. ‘n Omie wat sy blommekar deur ‘n stegie
stoot wat so ‘n klein bietjie breër as sy kar is. ‘n Kleremaker, ‘n Skoenmaker,
‘n man wat skilderye restoreer en ‘n eksentrieke, oud wêreldse kunstenaar. Dit
is amper nog te verstommend om oor te skryf. Eers trek ‘n landskap deur die
venster my aandag, toe ‘n ander skildery en toe gaan ek in. Binne staan
skilderye groot en klein teen die mure, op die vloer en op esels. Olies met
outydse modelle op in nuwe olieverf. Daar is swaar goudblad rame en swaar
donkerrooi gordyne. Hier en daar is ‘n ou vleismeul of ‘n ding wat lyk soos ‘n
propeller wat dan wit of silwer of goud geverf is en dan staanlampie geword het.
Die heel mooiste musiek. Moderne outydse musiek, wat jou 2 meter van die grond
af oplig. Nes ek daarvan hou. Agter die fluweel gordyn, agter meters en
meters wasige plastiek wat om en om gedrapeer is, staan ‘n man wat in ‘n
glaskas hoort. Gestrik en gedas voor sy esel besig om sy kwaste voor te
berei. ‘n Hedendaagse Velasques.
To the top!

|