Die Swaan
Deur
Evette Lombard©
Mei 1999
Sit nog
steeds op haar eiers en daar is ‘n ander trotse moeder wat rondswem met 4 donsie
swaan babatjies. Die dag na ek hierdie stelling gemaak het, besef ons die
moeder het vir n paar dae nog op die nes gesit en rus en dat dit al die tyd
vader Swaan is wat met die kleinspan op die meer rondswem. Lelike eendjies is
hulle miskien maar die mooiste baba swaantjies wat ek nog gesien het!
Die
volgende dag is daar net 3 kleintjies en ons begin wonder of dit nie die strandkat
- streepkat met die woeste snorbaarde se werk is nie.
Ons hou
die swane dop. Die wyfie sit met die kleintjies in die nes en pa kom uit die
water en staan homself en groom op die strandjie. Vere droogmaak en uitkam met
sy oranje bek, strek en rek. Volgende dag sien ons weer al vier, skuus kietsie.
Die oudste een het seker gisteraand by die bure gaan slaap. Hy is hoeka so n
rammetjie uitnek!
Teen
sononder is die familie weer aan die titteweit en die donsies se nekkies word
al hoe langer en die veertjies al hoe witter. So gaan loer ons elke aand na
ete, half nege begin dit donker word, na hulle vordering.
Asof
mens teater toe gaan vir vanaand se aflewering van Swanlake!
Na
daardie slanke voël haarself getof het en met haar vlerke uitgestrek op haar
rug die water in seil besef jy opnuut die waarde van die Swanemeer en
dat
swane inderdaad, tuttus dra!
To the top!
|